Namibia Rugby
News Report

WALVIS BAY VS MORIA

Author: Andrew Poolman, 18/05/19

Namib Diesel Walvisbaai het op sy tuisveld waardevolle punte ingesamel teen OK Foods Moria Privaatskool, die span van Outjo wat laas jaar met hardnekkige en aanskoulike hardloop­rugby vierde klaargema

Die draers van die oranje truie was met 17-5 aan die wenkant, te danke aan drieë deur agtsteman Victor van der Watt en vleuels Curyn Blizzard en Jivino Polster.

Ook hier het toeskouers 'n baie harde kragmeting gesien tussen twee spanne wat hard verdedig en 'n vinnige tempo gehandhaaf het, maar ook deur ongedwonge foute gekortwiek is wat later in die seisoen beter kan gaan.

Moria se afrigter, Lukas Holtzhausen, se seun Niel het as senter sy span se enigste drie gedruk.

“Dit was nie vir ons 'n goeie begin nie, met swak besluitneming en swak afronding wat vir Walvisbaai kanse gelaat het,” sê die verloorders se afrigter.

Republikein