Die onoorwonne voorloper, Schoemans-groep Windhoek Gimnasium, sal Vrydagaand (20:10) teen die span in die vierde posisie, OK Foods Moria van Outjo, opgeweeg word.
Die hoogtepunt van Saterdag se program van halfeindstryde in al die hoërskoolouderdomsligas sal opnuut die stryd tussen Superligaspanne 2 en 3 wees – KMC One Construction Windhoek Affies (die verdedigende titelhouer) teen Samsung Windhoek Hoërskool (afskoptyd 16:40).